Sondagmôre breek aan
Ontwakend Sondagoggend
Met g'n manier om my kop te hou dat dit nie ontplof.
En die bier vir ontbyt was nie sleg,
So ek stamp hom vas vir nagereg.
Toe krap ek deur my klere
Vir my skoonste geswete hemp.
Ek was my bakkies en kam my hare
En strompel teen die trappe af om die dag te groet.
Ek't my kop gisteraand uitgebrand
Met stompies rook en na liedjies soek.
Met my eerste trek kyk ek na 'n seuntjie
Wat 'n blik rondskop.
Toe strompel ek oor die leë straat
En kry die Sondaggeur van iemand wat hoender braai.
En o Heer, dit vat my ver terug na iets wat ek
Iewers, êrens lank terug oppad verloor het.
Op 'n Sondagmôre langs 'n straat,
Wens ek Heer, ek was liewer dronk.
Want daar's iets in 'n Sondag
Wat 'n mens alleen laat voel.
En daar's niks behalwe die dood
Wat halfpad so alleen is as die klank
Van die slapende sypad
En Sondagmôre wat aanbreek.
In die park sien ek 'n Pappa
Met 'n laggende dogtertjie wat hy swaai
En ek stop langs die Sondagskool
En luister na die liedjies wat hul sing.
Toe gaan ek straataf,
En iewers verder af lui 'n eensame klok,
Dit eggo deur die canyon
Soos die wegraakdrome van gister.